top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is uiteindelik ná meer as 'n dekaade voor vir vonnisoplegging

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 6
  • 1 min read

'n Man wat skuldig bevind is aan verkragting is uiteindelik weer in hegtenis geneem nadat hy byna 12 jaar sy vonnis vrygespring het.


Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offisier Mmako Mophiring is Kenneth Lepota van Qwaqwa saam met wee ander in 2014 skuldig bevind, maar het versuim om vir vonnisoplegging in die hof te verskyn en was sedertdien op die vlug.


Een van sy medebeskuldigdes, Morena Mokoena, dien tans ’n lewenslange tronkstraf vir die misdaad, terwyl die derde beskuldigde voor vonnisoplegging oorlede is.


Lepota sal na verwagting Dinsdag vir vonnisoplegging in die Tseseng-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page