‘n Man van Botshabelo is tot 30 jaar tronkstraf vir moord gevonnis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 4, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein het ‘n 31-jarige man tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy 23-jarige meisie. Die polisie is in Augustus verlede jaar na ‘n misdaadtoneel in Naledi Park in Botshabelo ontbied waar die vrou se liggaam gevind is. Jacob Sebatli het na bewering die slagoffer se huis binnegedwing en haar herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek. Sebatli is aan huisbraak met die doel om te moor skuldig bevind.






Comments