'n Nigeriese televangelis sê die NVG verstaan nie sy vryspraak nie
- Ilde Roos

- Oct 28
- 1 min read
Uitspraak is voorbehou ná die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek teen die vryspraak van die Nigeriese televangelis, Timothy Omotoso.
IOL berig Omotoso se prokureur het Maandag aan die Gqeberha Hooggeregshof gesê dat die NVG nie die uitspraak verstaan nie.
Byna sewe maande nadat die Nigeriese pastoor en sy medebeskuldigdes van 63 aanklagte, insluitend verkragting, menshandel en afpersing, vrygespreek is, probeer die vervolging die uitspraak tersyde stel.
Die staat het die hof genader om verlof te vra om teen die vryspraak na die Hooggeregshof van Appèl in Bloemfontein te appelleer.
Verdedigingsadvokaat Peter Daubermann het gesê die aansoek is gebaseer op ‘n fundamentele wanbegrip van die uitspraak en van wat as ‘n feitelike bevinding in die reg tel.
Uitspraak in die staat se aansoek is voorbehou.



Comments