'n Nuwe Chistelike tekenprent kom na Prime Video
- Ilde Roos

- Oct 23
- 1 min read
’n Nuwe tekenprent-afleidingsprogram van die trefferreeks The Chosen, want handel oor die lewe van Jesus, genaamd The Chosen Adventures, is pas op Prime Video vrygestel.
Die skepper van beide programme, Dallas Jenkins, sê The Chosen Adventures volg die 9-jarige Abby en haar beste vriend, Joshua, waar hulle Jesus in die antieke stad Kapernaüm ontmoet.
Met die stemme van Yvonne Orji, Jordin Sparks, en Chosen-sterre Jonathan Roumie en Elizabeth Tabish, meng die reeks humor, verbeelding en Bybelse waarhede op ‘n manier wat toeganklik is vir kinders.
Die program sal ook op 31 Oktober op die eksklusiewe kinderplatform, Minno, bekendgestel word.
Jenkins sê dit is ‘n program wat oulik en opreg is, maar dit is nie net vir kinders nie.
LUISTER:






Comments