top of page

'n Nuwe fotovoltaïese aanleg is net buite Parys geopen

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 29
  • 1 min read

Die Damlaagte- fotovoltaïese aanleg net buite Parys in die Vrystaat is die eerste hernubarekrag-aanleg wat onder Sasol en Air Liquide se gesamentlike hernubare-energieverkrygingsprogram van 900 MW aanlyn gestel word.


Dié sonkragaanleg van 97,5 MW verskaf hernubare krag aan Sasol Secunda Operations, waar Air Liquide die grootste suurstofproduksie-eenheid in die wêreld bedryf.


Netwerk24 berig dit is Maandag amptelik geopen.


Luidens ’n verklaring is dié inisiatief ’n sleutelfaktor vir albei maatskappye se ambisieuse planne vir die vermindering van hul koolstofvrystelling. Verder speel dit ’n sleutelrol in die bereiking van Sasol se teiken vir 2030 om tot 2 GW hernubare energie te verkry.


Die Damlaagte-aanleg is direk gekoppel aan die Eskom-netwerk en sal na verwagting jaarliks ongeveer 270 miljoen kilo-watt-uur skoon elektrisiteit opwek.


Die adjunkminister van elektrisiteit en energie, Samantha Graham-Maré, dit is ’n “belangrike prestasie”, veral omdat dit Sasol en Air Liquide se vierde hernubare aanleg is wat tot hul energiemengsel sal bydra, terwyl dit ook koolstofvrystellings verminder.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24


 
 
 

Comments


bottom of page