top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Oos-Vrystaatse gemeenskap kry ná 30 jaar elektrisiteit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 4
  • 1 min read

'n Afgeleë gemeenskap in die bergagtige Oos-Vrystaat het ná meer as 30 jaar sonder krag nou toegang tot elektrisiteit.


Die Santiago-gemeenskap naby Verkykerskop, sowat 65kmvan Harrismith, word deur 'n hibriede sonkragstelsel van elektrisiteit voorsien.


Volgens Eskom het die moeilike terrein en omgewingskwessies dit vir jare onprakties gemaak om 'n tradisionele kraglyn na die gebied aan te lê.


Hoewel die gemeenskap nie aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is nie, kan inwoners steeds deur Eskom se standaard verkoopsstelsel elektrisiteit aankoop.


Die kragverskaffer sê die projek is daarop gemik om meer afgeleë gemeenskappe van elektrisiteit te voorsien.


Ter illustrasie, FOTO: Bizzcom
Ter illustrasie, FOTO: Bizzcom

 
 
 

Comments


bottom of page