'n Primêre skool is weer oop ondanks die nie-nakoming van veiligheidsregulasies
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 19
- 1 min read
Die Matla Primêre Skool in Fase 6 in Bloemfontein het heropen, ten spyte van ouers se bekommernisse oor onvolledige herstelwerk. Die skool is gesluit weens onder meer 'n kombuis en mobiele klaskamer wat sonder temperatuurregulasie gebruik was, en waterlekkasies rondom kragpunte.
Bloem Express berig onderrig gaan nou voort by die skool, tesame met herstelwerk deur die aangewese maatskappy.
Bekommerde ouers kla oor 14 dae se skoolwerk wat verlore gegaan het, en blameer die onderwysdepartement. Ouers reken die tydelike sluiting was voorkombaar. Hulle voeg by dit is onaanvaarbaar vir die deparement om mense se lewe in gevaar te stel.
Rosestad-nuus het vroeër berig die skool is verlede week tydelik gesluit weens die oortreding van gesondheids- en veiligheidsregulasies, en moes herstelwerk ondergaan om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid te voldoen.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die skool gesluit totdat die Vrystaatse Departement van Onderwys ten volle korrektiewe maatreëls geïmplementeer het wat met die gesondheids- en veiligheidsregulasies ooreenstem.






Comments