top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Russiese aanval laat talle in Oekraïne dood

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Minstens 17 mense is dood nadat Rusland Woensdag ’n missiel- en hommeltuigaanval op Oekraïne se hoofstad, Kijif, en die omliggende streek geloods het.


Die aanval het ook residensiële geboue, ’n treinstasie en pakhuise beskadig.


Volgens die Oekraïense president Volodimir Zelenski is meer as 40 ander beseer.


Die BBC berig dat Rusland se Ministerie van Verdediging gesê het dat dit logistieke spilpunte en voorsieningsentrums aangeval het.


Dit beweer dat die sentrums gebruik is om wapens en militêre voorrade te stoor, en om onbemande lugvaartuie te vervaardig en te versprei.


Volodimir Zelenski. FOTO: IPN
Volodimir Zelenski. FOTO: IPN

 
 
 

Comments


bottom of page