'n TikTokker sê wit mans moet ook die land verlaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 26
- 1 min read
'n Sosialemediagebruiker met die naam Solomozi The Revolutionary het op TikTok gesê alle wit Afrikaners, maar spesifiek mans, moet Suid-Afrika teen 30 Junie verlaat. Die video het sedertdien soos ʼn veldbrand op talle platforms versprei.
Maroela Media berig die man stel homself in die video voor as ʼn lid van die EFF se militêre vleuel. Die party het egter nie ʼn amptelike militêre vleuel nie. Solomzi maak dit ook duidelik dat die EFF nie sy stellings onderskryf nie.
Hy sê wit Afrikaners veroorsaak gemors in die land en vlug dan na die VSA.
AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê wit Afrikaners moenie hulle steur aan die uitlatings wat in die video gemaak word nie.
Daar is reeds sake teen die persoon by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak.








Comments