‘n Verdagte is ná die Krugerwildtuin-skietvoorval aangekeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 19
- 1 min read
'n Verdagte is in hegtenis geneem ná die dood van 'n Kanadese toeris tydens 'n skietvoorval in die Krugerwildtuin.
Volgens Eyewitness News ondersoek die polisie 'n voorval waar 'n vuurwapen glo afgegaan het terwyl 'n privaat gids dit aan die toeris gewys het.
Die toeris is in die bolyf getref en is op die toneel dood.
SANParke sê die slagoffer was deel van 'n groep wat die park besoek het vir 'n bosbraai wat deur 'n private toerisme-operateur aangebied is.
Die 36-jarige verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.








Comments