top of page

’n Verdagte is vas ná ’n moontlike motordiefstal in Welkom

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 22
  • 1 min read

’n Gesamentlike poging tussen die Welkom Antibende-eenheid, sigbare polisielede en ’n voertuigopsporingsmaatskappy het gelei tot die opsporing van ’n gesteelde motor in Welkom. Luidens ’n polisieverklaring is die motor glo gesteel terwyl dit oornag buite ’n drankwinkel geparkeer was. Die eienaar het die verdwyning op Sondag by die Welkom-polisie aangemeld. Na voorlopige ondersoeke is die voertuig by ’n adres in Riebeeckstad opgespoor. Die polisie het vinnig opgetree en die motor is teruggevind. ’n 22-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Welkom Landdroshof op ’n aanklag van motordiefstal verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page