top of page

‘n Vermeende Vrystaatse moordenaar se saak is wéér uitgestel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 7
  • 1 min read

‘n Kunsmisagent van Senekal in die Vrystaat wat vir die moord op sy vrou teregstaan, se saak is vir ‘n derde keer uitgestel. Die keer omdat die dossier nooit na die streekhof in Bethlehem geneem is nie. Netwerk24 berig volgens die landdros is dit skrikwekkend dat sake van so ernstige aard nie die nodige aandag van die polisie geniet nie. Die 74-jarige Johan Fourie word vir die moord van sy 58-jarige vrou, Henti Fourie, aangekla - na haar dood aanvanklik soos ‘n selfmoord gelyk het. Johan se saak is tot 25 Julie uitgestel om te bepaal of die saak oorplaas moet word.

 
 
 

Comments


bottom of page