‘n Voormalige plaaslike burgemeesterskomiteelid se haatspraak-appèl misluk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die hooggeregshof in Bloemfontein het die voormalige Mangaungse burgemeesterskomiteelid, Sibongile Tsoleli, se appèl teen 'n uitspraak oor haatspraak van die hand gewys.
StepUp News berig die hof het 'n vroeëre Gelykheidshof-uitspraak bekragtig waarin sy aan haatspraak, teistering en onbillike diskriminasie skuldig bevind is nadat sy rassistiese WhatsApp-boodskappe oor die voormalige Mangaungse speaker, Stephanie Lockman-Naidoo, haar man en die Indiese gemeenskap aangestuur het.
Tsoleli het aangevoer dat sy nie die oorspronklike outeur van die boodskappe was nie en dat die aanstuur daarvan nie op publikasie neerkom nie.
Die hof het egter beslis dat die aanstuur van die boodskappe wel as publikasie beskou word en haar appèl met koste van die hand gewys.
Die oorspronklike hofbevel bly dus van krag, wat onder meer vereis dat sy R50 000 skadevergoeding betaal en 'n onvoorwaardelike openbare verskoning aanbied.








Comments