top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrystaatse amptenaar is wéér vir bedrog in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 24
  • 1 min read

’n Senior amptenaar van die Vrystaatse Departement van Indiensneming en Arbeid is weer in hegtenis geneem — dié keer in verband met nóg ’n beweerde Werkloosheidsversekeringsfonds of te wel UIF-bedrogsaak.


Bloemnuus berig Kelopa Mahlatsi en nege mede-beskuldigdes is daarna op borgtog van R1 500 elk in die Bethlehem-landdroshof vrygelaat.


Die jongste inhegtenisnemings bring die totaal tot 24 verdagtes wat glo deel van ’n bedrog-sindikaat is.


Polisie sê die groep het na bewering die UIF-stelsel gemanipuleer deur vals inligting in te dien om uitbetalings te kry, met meer as R300 000 wat vermoedelik gesteel is.


Mahlatsi, wat glo as die brein agter die skema beskou word, is tans geskors hangende ’n interne dissiplinêre proses.


Kelopa Mahlatsi (middel) word begelei deur lede van die polisie. FOTO: Bloemnuus
Kelopa Mahlatsi (middel) word begelei deur lede van die polisie. FOTO: Bloemnuus


 
 
 

Comments


bottom of page