’n Vrystaatse engelkind word te ruste gelê
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 28
- 1 min read
Familie, vriende en inwoners van Kroonstad het vanoggend afskeid geneem van die sewejarige Vrystatertjie Elsje Wium tydens haar gedenkdiens in die NG Gemeente Kroonheuwel-Noord.
Nova News berig Elsje is verlede week in Mediclinic Bloemfontein oorlede kort nadat ’n verkoue in ernstige longontsteking ontaard het.
Elsje, wat met Angelman-sindroom geleef het, is deur haar familie onthou as ’n liefdevolle kind met ’n sagte geaardheid en ’n besondere liefde vir water en swem.
Volgens haar ma, Shandré Wium, was die diens eenvoudig en kindervriendelik aangebied om die afskeid vir Elsje se tweelingboetie, Edrich, makliker te maak.
Die familie sê Elsje het hulle geleer om die klein dinge in die lewe raak te sien en te waardeer.
Angelman-sindroom is ’n seldsame genetiese toestand wat die senuweestelsel beïnvloed en ernstige ontwikkelings- en spraakprobleme kan veroorsaak. Kinders met die toestand word dikwels gekenmerk deur hul vrolike en liefdevolle geaardheid.








Comments