top of page

‘n Vrystaatse munisipaliteit se toelae is in die gedrang

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 25
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering dreig om die Matjhabeng-munisipaliteit, wat onderandere Welkom, Virginia en Odendaalsrus insluit, se toelae en billike deel te weerhou. Volgens SABC News volg dít nadat die Vrystaatse hooggeregshof, in Bloemfontein, gelas het dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word. Die departement het ook 'n opdragbrief aan die Speaker gestuur om te reël dat 'n raadsitting die administrasiespan, wat die sake van die munisipaliteit sal bestuur, bekendstel. LUR Saki Mokoena, sê indien daar enige onwilligheid is, sal hy gedwing word om aan die nasionale tesourie en minister van samewerkende regering te skryf om die munisipaliteit se toelaes te stop. ’n Spesiale raadsitting sal na verwagting volgende week Donderdag belê word.

 
 
 

Comments


bottom of page