top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS ma red vyf lewens ná haar dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

’n Ma van Bothaville in die Vrystaat wat skielik weens ’n brein-aneurisme dood is, se orgaanskenkings het vyf lewens gered.


Carietha van Dyk is Saterdag by haar huis deur die brein-aneurisme geraak, waarna sy per ambulans hospitaal toe geneem is. Netwerk24 berig Carietha se man, Deon, sê breinskanderings het getoon dat haar brein nie reageer nie, en sy is Sondagoggend breindood verklaar en met masjiene aan die lewe gehou.


Deon en hul dogter, Carlie, het besluit om Carietha se organe te laat skenk. Die organe is Dinsdagoggend geoes, waarna Carietha oorlede is.


Deon vertel 'n 16-jarige het onder meer Carietha se hart ontvang, twee kinders deel haar lewer en twee ontvangers het elk een van haar niere ontvang. Daarbenewens het ’n sesde ontvanger, 'n negejarige kind, haar korneas gekry.


Deon sê Carietha leef nog voort in ander.


Deon en Carietha van Dyk met hul dogter, Carlie. FOTO: Facebook
Deon en Carietha van Dyk met hul dogter, Carlie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page