top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS man sit lank vir die moord op sy vriendin

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 14
  • 1 min read

'n Man is in die Vrystaatse hooggeregshof se Sasolburg-sitting tot 24 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord en verkragting van sy vriendin.


Volgens 'n polisieverklaring is Nomalanga Dlamini se liggaam in 2022 langs die pad aangetref, bedek met ’n duvet. Die slagoffer was van die middel af ondertoe kaal, en het sigbare kopbeserings gehad.


Volgens ondersoeke het 'n argument tussen Dlamini en Lebohang Johannes Mofokeng ontstaan, wat in geweld ontaard het. Die beskuldigde het die oorledene aangerand en verkrag voordat hy haar op die toneel agtergelaat het.


Hy is by sy huis in hegtenis geneem, en skuldig bevind aan moord en verkragting.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page