'n VS man vra borgtog ná sy inhegtenisname vir dwelmhandel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 15
- 1 min read
'n Man van Schonkenville in Parys in die Vrystaat sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn vir ’n borgtogaansoek ná sy inhegtenisneming tydens ’n dwelmverwante operasie.
Sersant Josephine Rani sê in 'n polisieverklaring lede het op inligting gereageer oor ’n woning wat na bewering met dwelmverspreidingsaktiwiteite verbind word. Die polisie het op 299 pakkies nyaope, 104 pakkies kristalmetamfetamien, ongeveer 5 kg onverpakte dagga en twee halwe Mandrax-tablette beslag gelê. Die geskatte straatwaarde van die dwelms is ongeveer R10 000.
Daarbenewens is verskeie elektriese gereedskap ter waarde van ongeveer R12 000 teruggevind. Hierdie items is vermoedelik gesteel en vir dwelms verruil.








Comments