'n VS munisipale finansiële hoof se omstrede aanstelling is onwettig verklaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
Die omstrede aanstelling van die finansiële hoof van die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat is onwettig verklaar.
Netwerk24 berig Amos Makoae is in Oktober 2023 in dié pos by die munisipaliteit aangestel nadat hy in Januarie 2022 weens finansiële wanbestuur deur die Mafube-munisipaliteit afgedank is.
Luidens die uitspraak in die hooggeregshof in Gauteng het Makoae in sy tyd by Mafube onder andere transaksies buite die munisipaliteit se finansiële stelsels toegelaat en misleidende verklarings gemaak. Die hof het bevind dat sy aanstelling by Masilonyana deur verskeie prosedurele onreëlmatighede gekenmerk is, insluitend versuim om die voorgeskrewe samestelling van die keuringspaneel na te kom.
Die hof het die munisipaliteit beveel om ’n nuwe en wettige aanstellingsproses te volg.
Masilonyana bedien die dorpe Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei.








Comments