'n Vyfdegeslag boer verongeluk vyf jaar ná sy pa
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 21
- 1 min read
'n Vyfdegeslagboer van Bothaville in die Vrystaat het verongeluk vyf jaar nadat sy pa in ’n motorfietsongeluk dood is.
Netwerk24 berig David Theron is dood toe hy sowat 5 km vanaf sy plaas, Rooigom, vermoedelik agter die stuur van sy bakkie aan die slaap geraak en dit teen ’n boom gebots en aan die brand geslaan het.
Theron het twee weke gelede aan Cléone Jansen van Rensburg verloof geraak.
Theron se oudste suster, Nicola Herbst, sê nadat hul pa, Francois Theron, vyf jaar gelede in ’n motorfietsongeluk sowat 5 km buite Bothaville dood is, het Theron net vier maande voordat hy sou gegradueer het, sy studies aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gestaak om die familieboerdery oor te neem. Sy familie en vriende beskryf hom as ’n beskermende broer, ’n steunpilaar vir sy mense en iemand wie se lewe om diens en opoffering gedraai het.
Theron word deur sy ma, Elaine Theron, sy susters, Madelie Crous en Herbst, en Jansen van Rensburg oorleef.








Comments