‘n Welkom-prokureur se saak móét nou begin
- Nadia Pieters

- Oct 7
- 1 min read
Genoeg is genoeg, die verhoor het ‘n lang geskiedenis en moet, soos die wet bepaal, afgehandel word.
So het die regter in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê nadat ‘n bekende prokureur van Welkom, Jan Maritz, sy regspan se maandaat beëindig het.
Netwerk24 berig die vonnisverrigtinge van Maritz, wat vroeër op verskeie klagte – insluitend verkragting – skuldig bevind is, was veronderstel om Maandag te begin.
Maritz het op 18 aanklagte van seksuele oortredings en verwante aangeleenthede asook ‘n aanklag van aanranding tereggestaan.
Die misdrywe is oor ‘n tydperk van sewe jaar, tussen 2007 en 2014, in Virginia, Welkom en Odendaalsrus gepleeg.
Al sy slagoffers was jonger as 18 jaar.






Comments