’n Winburg-pa sterf ná ’n beweerde steekaanval deur sy seun
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 3, 2025
- 1 min read
Die Winburg-polisie het ’n jong man in hegtenis geneem vir moord nadat hy na bewering sy pa in by ’n kroeg in Winburg die bors gesteek het. Volgens ’n polisieverklaring was die pa en seun by die kroeg toe ’n argument tussen hulle ontstaan het, wat tot die beweerde steekvoorval gelei het. Die 42-jarige slagoffer is met ’n steekwond in sy bors na die plaaslike hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het. Hospitaalpersoneel het die polisie ingelig, en ’n moordsaak is geopen. Ná voorlopige ondersoeke is die jong verdagte vir moord in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Winburg-landdroshof verskyn







Comments