top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Woolies in Bloemfontein steeds ná 'n ontploffing gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 29
  • 1 min read

 Die Woolworths-winkel by Preller Square in Bloemfontein was steeds teen 11:30 gesluit ná 'n ontploffing vroeg Vrydagoggend.


'n Ooggetuie sê aan Rosestad-nuus die gebied by die Woolworths-kruidenierswinkel en koffiewinkel is afgesper, terwyl polisielede op die toneel ontplooi is. Die Valke het intussen die saak oorgeneem.


Intussen berig Maroela Media die polisie ondersoek 'n ontploffing wat Donderdagoggend by 'n Woolworths-winkel in Menlyn Mall in Pretoria plaasgevind het.


Volgens die polisie het 'n onbekende ploftoestel glo omstreeks eenuur die oggend op 'n winkelrak ontplof.


Vyf personeellede was in die winkel, maar niemand is beseer nie.


Die polisie se bomverwyderingseenheid en speurders ondersoek die voorval.



FOTO: Jana Roos
FOTO: Jana Roos

 

 
 
 

Comments


bottom of page