top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Naas ongeluk by Weskus-lugskou word nóg twee vlieginsidente ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 25, 2025
  • 1 min read

Die tragiese vliegtuigongeluk by die Weskus-lugskou was nie die enigste insident in die lugvaartbedryf die afgelope naweek nie. Buiten die ongeluk, word nog twee vlieginsidente tans ondersoek. Die burgerlugvaartowerheid se Sisa Majola sê aan Nuusflits ‘n Beechcraft Bonanza, met ‘n vlieënier en twee passasiers aan boord, was op pad terug na die Mosselbaai-lughawe toe hulle enjin-probleme ondervind het en ‘n noodlanding moes maak. Geen beserings is aangemend nie. ‘n Tweede insident het in Limpopo plaasgevind toe ‘n vliegtuig Sondagoggend naby Thohoyandou neergestort het. Drie persone is in die ongeluk ernstig beseer en word tans behandel.

 
 
 

Comments


bottom of page