Nersa se reëls moedig hernubare energie aankope aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 12, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se energiereguleerder het reëls goedgekeur om kliënte te vergoed wat oortollige energie na die netwerk uitvoer. Business Live berig dat dit ’n stap is wat die gebruik van hernubare energie, veral sonpanele op dakke, verder aanmoedig. Die goedkeuring van die sogenaamde netto-fakturasiereëls deur Nersa sal waarskynlik tot ’n nuwe oplewing in die aankoop van sonpanele lei. Verlede jaar alleen is R17,5 miljard se sonpanele ingevoer.







Comments