NETBAL: Australië klop SA in tweede wedstryd van die drie-wedstrydreeks
- Armando Pieters

- Oct 9
- 1 min read
Australië se netbalspan het Woensdag gewys hoekom hulle as die wêreld se beste beskou word deur Suid-Afrika met 67–40 in Wollongong te klop.
Die tuisspan het elke fout van die Proteas genadeloos benut en balbesit dikwels omgekeer om ‘n 2–0 voorsprong in die drie-wedstrydreeks te verseker.
Die Protea-afrigter, Jenny van Dyk, het haar teleurstelling uitgespreek en beklemtoon dat haar span se harde werk die afgelope weke nie op die baan gesien was nie.






Comments