New Beginnings staar weer ‘n finansiële krisis in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 18
- 1 min read
Vir die tweede keer in minder as 'n jaar dreig 'n finansiële krisis om New Beginnings Animal Rescue se deure te sluit.
Volgens My City Bloemfontein sê die Bloemfonteinse organisasie dat daar nie meer genoeg fondse is om salarisse, veeartsrekeninge, kos, medikasie en brandstof te betaal nie.
Gevolglik is noodreaksies, township-oproepe en die inname van nuwe diere voorlopig opgeskort.
Die organisasie sê die komende dae sal bepaal of hulle hul reddingswerk kan voortsit en moedig Bloemfonteiners aan om diere aan te neem om die druk op die skuiling te help verlig.
Intussen het Rosestad-nuus verlede jaar November berig dat terwyl New Beginnings omtrent 40 diere by hul skeiling gehuisves het, hulle alle bedrywighede weens finansiële druk moes staak.








Comments