'Nie alle aanstootlike sprake is gelyk in die oë van die wet nie'
- Armando Pieters

- Jul 28
- 1 min read
Nie alle aanstootlike of uitlokkende sprake is gelyk in die oë van die wet nie.
So sê ‘n kenner van sosialemediareg, Rorke Wilson.
Hy voeg by om die hof se uitspraak teen laster op sosiale media met dieselfde hof asook die konstitusionele hof se goedkeuring van die sing van “Kill the Boer” te vergelyk, is onbillik.
Dit kom ná ‘n uitspraak in die appèlhof verlede week wat daarop neerkom dat nie die Grondwet of die reg op vryheid van spraak iemand beskerm wat lasterlike uitlatings oor ander mense op sosiale media maak nie.
Een van die reaksies op die hofbeslissing was dat leier van die EFF, Julius Malema, se gesing van “Kill te Boer” nie deur die howe as haatspraak gesien word nie, maar dat ‘n Facebook-kommentaar dat iemand “ ‘n koeël tussen die oë kort” nie as reg van vryheid tot spraak beskou word nie.





Comments