top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nigerië wil vergoeding van Suid-Afrika eis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Nigerië sê hy gaan vergoeding van Suid-Afrika eis vir landsburgers wat ondernemings en eiendom agtergelaat het terwyl hulle die onlangse teenmigrante-betogings ontvlug het.


Die Nigeriese regering sê die saak sal deur diplomatieke kanale met Suid-Afrika opgeneem word nadat eise van geraakte burgers gedokumenteer is.


Meer as 600 Nigeriërs is reeds gerepatrieer, terwyl sowat 25 000 buitelanders van regoor Afrika die afgelope weke Suid-Afrika verlaat het.


Suid-Afrikaanse owerhede sê die gerepatrieerdes was onwettig in die land, 'n bewering wat Nigerië betwis.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page