Nog 'n hoë in die polisie is glo gevra om verlof te vat
- Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Die adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is glo gevra om verlof te vat.
EWN berig dat Sibiya se mede-adjunkkommissaris, Tebello Mosikili, Sibiya Dinsdag versoek het om tuis te bly. Na bewering het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, die instruksie uitgereik.
Dit volg op bewerings wat vroeër vandeesmaand deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is. Mkhwanazi het Sibiya daarvan beskuldig dat hy met die minister van polisie, Senzo Mchunu, saamgesweer het om ‘n taakspan wat politieke moorde ondersoek, te sluit.





Comments