NUMSA betoog oor beplande afleggings by ArcelorMittal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 20
- 1 min read
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (NUMSA) hou Vrydag ’n betoging by die Industriële Ontwikkelingskorporasie se kantore in Sandton. SABC News berig die betoging is teen beplande afleggings by ArcelorMittal Suid-Afrika. Die maatskappy het onlangs aangekondig dat sy staalbedrywighede in Newcastle en Vereeniging gaan sluit, wat tot sowat 3 500 direkte en indirekte werksverliese sal lei. NUMSA-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond het Maandag met ArcelorMittal vergader oor die afleggingsproses. LEES MEER: ArcelorMittal stel sluiting van langstaalafdeling uit Volgens haar het die regering nog geen konkrete oplossing aangebied nie, en die maatskappy beplan om met die afleggings voort te gaan. NUMSA betoog omdat werkers se poste in gedrang is en geen regeringshulp nog ontvang is nie.





Comments