top of page

Nuwe reëls vir universiteitsverslagdoening poog om krisisse te versag

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Nov 1
  • 1 min read

Om aanspreeklikheid en deursigtigheid by Suid-Afrikaanse universiteite te versterk is nuwe konsepregulasies deur die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, aangekondig.  


Die voorgestelde reëls sal vereis dat instellings meer gereeld verslae indien.


Dit vereis ook dat besteding aan konsultante en regskoste openbaar gemaak moet word, en insette van studente en personeel moet insluit.


Manamela sê die doel is om bestuursprobleme vroeg op te spoor, in plaas daarvan om te reageer sodra krisisse onstaan.


Volgens die departement se woordvoerder, Matshepo Seedat, vervang die regulasies die 2014-raamwerk.


Dit sal vir 30 dae vir openbare kommentaar oop wees, voordat dit volgende jaar gefinaliseer word.


Buti Manamela. FOTO: Facebook
Buti Manamela. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page