OGGEND SPORT: Engeland beëindig die Proteas se Wêreldbeker-hoop, die Junior-Bokke bly nederig en Bafana Bafana keer as helde huis toe
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jul 3
- 2 min read
Ons begin met krieket-nuus: Die Protea-vroue het ‘n nederlaag van 40 lopies teen die gasheer, Engeland, in hul IKR-T20-wêreldbeker-halfeindstryd by The Oval gely, nadat hulle nie daarin kon slaag om die teiken van 170 lopies te bereik nie.
Suid-Afrika het uitstekend begin nadat hulle besluit het om eerste te boul, met Marizanne Kapp en Shabnim Ismail wat Engeland tot 23-3 laat wankel het, maar Nat Sciver-Brunt se 75 lopies en Heather Knight se 58 het die tuisspan gehelp om ‘n totaal van 169-5 aan te teken. Suid-Afrika het op 129-8 geëindig, waardeur Engeland sy plek in Sondag se eindstryd by Lord’s teen Australië verseker het.
Die Protea-vroue afrigter, Mandla Mashimbyi, het sy span se boulwerk deur die loop van die toernooi geprys, maar erken dat daar tekortkominge in hul kolfwerk was.
In rugby-nuus: Die Junior-Springbok-afrigter, Kevin Foote, het sy span se kalmte en volwassenheid geprys nadat hulle ‘n swaarverdiende oorwinning van 33-5 teen Georgië in hul Groep A-wedstryd van die Junior-wêreldkampioenskap in Tbilisi behaal het.
Ten spyte van die oortuigende telling, het Foote gesê dat Georgië Suid-Afrika se ritme met ‘n fisieke spelstyl ontwrig het, maar dat die Junior-Bokke gedissiplineerd gebly het en hul kanse benut het.
Foote sê daar is aspekte waarin die span steeds moet verbeter, terwyl die Junior-Bokke nou hul aandag op Wallis vestig vir ‘n beslissende laaste groepwedstryd, waarin ‘n plek in die halfeindronde op die spel sal wees.
LUISTER HIER:
En, in Wêrledbeker sokker-nuus: Bafana Bafana is met groot geesdrif deur singende ondersteuners op die OR Tambo Internasionale Lughawe verwelkom. Die nasionale span keur terug nadat hulle vir die eerste keer na die uitkloprondes van ’n Wêreldbekertoernooi deurgedring het.
Afrigter, Hugo Broos, sê die span het aan die verwagtinge voldoen deur geskiedenis te maak en Suid-Afrika trots te maak, terwyl Mbekezeli Mbokazi, Relebohile Mofokeng en Oswin Appollis glo met oorsese klubs oor moontlike skuiwe onderhandel.
Minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê die spelers verdien erkenning en ’n prestasiebonus vir hul vertonings, en het kritici aangemoedig om op te hou om die span af te kraak.








Comments