top of page

Onderwysminister sê bewerings teen haar is vrouehaat, rassisme

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, sê bewerings wat teen haar gemaak is, word veroorsaak deur vrouehaat en rassisme.

Die DA het Dinsdag ‘n strafsaak teen die minister aanhangig gemaak omdat sy na bewering vir die parlement gejok het oor die paneel wat haar gehelp het om die rade van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid aan te stel.

Nkabane het Dinsdag aan die parlement gesê dat diegene wat haar departement se begroting verwerp, transformasie in onderwys verwerp.

 
 
 

Comments


bottom of page