Ongeëisde deposito's moet voor einde Junie opgeëis word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, doen 'n beroep op mense om onbekende of ongeëisde elektrisiteitsdeposito's en terugbetalings voor die einde van Junie op te eis.
Volgens 'n openbare kennisgewing vra die kragverskaffer dat kliënte wat betalings gemaak het sonder om hul rekeningnommers as verwysing te gebruik, na vore moet kom sodat die geld aan die korrekte rekeninge toegeken kan word.
Centlec sê kliënte met onaktiewe elektrisiteitsrekeninge wat steeds kredietsaldo's toon, moet ook voor 30 Junie om terugbetalings aansoek doen.
Die entiteit waarsku dat ongeëisde deposito's en terugbetalings ná die sperdatum na sy algemene inkomsterekening oorgeplaas sal word.








Comments