top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Opod sê Ramaphosa se beskermer moet dissiplinêre stappein die gesig staar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 10
  • 1 min read

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het aanbeveel dat een van president Cyril Ramaphosa se senior beskermers dissiplinêre stappe in die gesig staar.

Dit hou verband met die inbraak in 2020 by die president se Phala Phala-wildplaas, waar meer as $500 000 dollar glo gesteel is.


’n Verslag oor die saak het bevind dat die hoof van Ramaphosa se polisie-sekuriteitseenheid, genl.maj. Wally Rhoode, die diefstal toegesmeer het. Volgens die Opod-verslag het Ramaphosa Rhoode van die diefstal in kennis gestel, maar Rhoode het dit nie ingevolge polisieprosedures aangemeld nie.


Die verslag toon dat Rhoode, in ’n nie-amptelike ondersoek, polisiehulpbronne misbruik het om verdagtes te ondervra en leidrade op te volg in ’n poging om die geld terug te kry.


Genl.maj. Wally Rhoode. FOTO: News24
Genl.maj. Wally Rhoode. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page