top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Opruimingswerk kan ure duur ná ‘n vragmotor ongeluk op die N6

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Opruimingswerk ná 'n vragmtorongeluk op die N6 sowat een kilometer buite Smithfield in die rigting van Bloemfontein kan nog ure duur.


Die vragmotor versper tans al die bane en die pad bly in albei rigtings gesluit.


Motoriste wat vanaf Bloemfontein suid reis, word aangeraai om die N1 via Springfontein en Bethulie as alternatiewe roete te gebruik.


Die voorsitter van die Vrystaatse Padvoorvalbestuurstelsel, Sipho Towa, vra motoriste om verkeersbeamptes op die toneel te gehoorsaam en nie te probeer om by die ongelukstoneel verby te ry nie.


FOTO: VR Medical
FOTO: VR Medical

 

 
 
 

Comments


bottom of page