Optrede teen veediefstal moet nie agterweë bly nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 12, 2025
- 1 min read
Terwyl boere hul aandag op bek-en-klouseer vestig moet proaktiewe optrede teen veediefstal nie agterweë bly nie. So sê diê voorsitter van die dieregesondheidsforum van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat, PD Cilliers. Netwerk24 berig verder dat alhoewel bek-en-klouseer ‘n groot impak op die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf het, gaan veediefstal steeds voort. Daar is vroeër berig oor vier vermeende veediewe wat in die Ventersburg-distrik in die Vrystaat aangekeer is. Dit was nadat die polisie ‘n bakkie wat dele van ‘n beeskarkas vervoer het, afgetrek het. Veediefstal het die Suid-Afrikaanse landboubedryf tussen Januarie en Maart vanjaar R200 miljoen gekos, en volgens AfriForum is dit slegs ‘n konserwatiewe skatting van direkte verliese.






Comments