top of page

Oud-Bloemfonteiner verower die prys vir werêld se beste Mediterreense kookboek

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Oud-Bloemfonteiner, Elmarie Berry, se boek – Die tafel – het die prys vir die werêld se beste Mediterreense kookboek by die Gourmand-geleentheid in Estoril, Portugal, verower. Volgens ‘n plasing op die Suid-Afrikaanse Ambassade in Portugal se sosiale media blad, fokus dié boek, wat gekoesterde resepte van haar Libanese Ouma bevat, op maklike maar smaaklike resepte. Berry is nie net 'n kundige kok, skrywer, inhoudprodusent en kosblogger nie, sy is ook die outeur van die bekroonde kookboek, Kosbaar. Luidens ‘n vroeër berig deur Bloemnuus het Kosbaar in 2023 ‘n internsionale Gourmand-eerbewys gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page