Owerhede wag op besluit ná ‘n Bloemfonteinertjie deur ‘n hond aangeval is
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Ná talle oproepe van bekommerde Bloemfonteiners oor die twee-jarige seuntjie wat dood is nadat ‘n hond hom glo aangeval het, het Rosestad-nuus met die polisie en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gepraat.
Volgens die polisie wag hulle tans op ’n besluit van die Senior Staatsaanklaer oor hoe om met die saak voort te gaan.
Die DBV sê hulle mag nie ’n hond summier van sy eienaars verwyder nie en kan slegs optree op versoek van die polisie.
Alternatiewelik kan inspeksies gedoen word en waarskuwings uitgereik word indien onreëlmatighede gevind word, met opvolgbesoeke indien nodig.
Die seuntjie en sy ma is glo by Lakeview-plotte deur die hond aangeval.
Inwoners sê hulle bly bekommerd dat die hond weer kan ontsnap, aangesien baie kinders in die omgewing speel.







Comments