top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pa skuldig bevind nádat hy sy seun aaanrand

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 28, 2025
  • 1 min read

’n 38-jarige Vrystaatse pa is skuldig bevind nadat hy sy 16-jarige seun in die Mafube distrik aangerand het. Luidens ’n polisieverklaring het die slagoffer se ooms hom genader en gesê sy pa wil hom sien. By sy pa se huis het die beskuldigde hom met ’n sambok op sy rug, hande en kop geslaan, wat sigbare beserings veroorsaak het. Die slagoffer het later sy ouma ingelig, wat hom na ’n polisiestasie vergesel het om ’n saak van huishoudelike geweld aanhangig te maak. Na ’n ondersoek is die saak in die Frankfort-landdroshof verhoor. Die beskuldigde is gevonnis tot ’n boete van R4 000 of agt maande tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is.

 
 
 

Comments


bottom of page