Parlementêre komitees waarsku oor langdurige ontplooiing van weermag om misdaad te bekamp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 20
- 1 min read
Die voorsitters van die parlement se onderskeie sekuriteitsklusterkomitees waarsku teen die langdurige ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om binnelandse misdaad te bekamp.
Hulle erken die korttermyn-impak maar sê dat volhoubare veiligheid vereis dat sosio-ekonomiese probleme aangespreek word.
Die opmerkings volg meer as ’n maand nadat President Cyril Ramaphosa soldate ontplooi het om polisiëring te ondersteun.
Die voorsitter van die Polisieportefeuljekomitee, Ian Cameron, sê die weermag kan nie polisiëring vervang nie.
Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Verdediging, Dakota Legoete, beklemtoon dat die polisie beheer moet oorneem sodra stabiliteit herstel is.






Comments