Pick n Pay ondersoek die moontlike blootstelling van kliëntedata
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 29
- 1 min read
Pick n Pay sê hy is besig met ’n forensiese ondersoek nadat kliëntedata van ’n vorige weergawe van sy aanlyn afleweringstoep onlangs aanlyn opgeduik het.
Rosestad-nuus het ’n e-pos onder oë gehad wat aan kliënte gestuur is waarin Pick n Pay sê die data dateer uit 2022 en hou verband met die voormalige Bottles- en Pick n Pay asap!-toep.
Volgens die maatskappy kan die data name, kontakbesonderhede, geboortedatums, afleweringsadresse, Smart Shopper-nommers en beperkte betalingskaartinligting insluit.
Pick n Pay sê volledige kaartnommers en CVV-nommers is nooit op die stelsel gestoor nie en kan daarom nie gebruik word om bedrieglike kaarttransaksies uit te voer nie.
Hulle voeg by hulle werk saam met ’n onafhanklike kuberveiligheidsmaatskappy, wetstoepassers en die Inligtingsreguleerder, terwyl stappe ook gedoen word om die bestuur van historiese kliëntedata verder te versterk.








Comments