Piet Bester se moordverdagtes wag op hofdatum
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Die twee verdagtes wat aangekla word van die moord op Piet Bester, ‘n oudlanddros en voormalige Vrystaat- en Griekwa-rugbyspeler, het nog nie gehoor wanneer hul saak na die hooggeregshof oorgeplaas sal word nie. Dit nadat die hooggeregshof se klagstaat glo nog nie gereed was nie. Netwerk24 berig Jan Bangile Deal en Letiscia Adams het Maandag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn weens die moord op Bester vroeër vanjaar. Daar is beslis die datum sal Donderdag vasgestel word. LEES MEER: Piet Bester se moord Bester is op Sondag 12 Januarie omstreeks 09:00 dood buite sy huis op die kleinhoewe aangetref. Hy is vermoedelik reeds twee dae vantevore aangerand en hy het veelvuldige beserings aan sy lyf gehad. Die twee verdagtes staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.





Comments