Polisiëring gaan voort ondanks aantygings van inmenging
- Armando Pieters

- Jul 7
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê daaglikse misdaadbestrydingsoperasies en normale daaglikse polisiëring by polisiestasies gaan normaal voort.
Dit kom nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer het dat die minister van polisie, Senzo Mchunu, en adjunk-nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, met polisieoperasies ingemeng het.
Die nasionale kommissaris, Fannie Masemola, sal hierdie week die aanstelling van ‘n waarnemende afdelingskommissaris vir misdaadintelligensie aankondig.
Mchunu verwerp egter die bewerings teen hom en sê dit benodig ‘n dringende, deeglike en deursigtige ondersoek op ‘n behoorlike platform.
Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Masemola sal ook die media op hoogte hou van polisieoperasies wat aan die gang is.
LUISTER:





Comments