Pous Leo sê mense is vry om hom te kritiseer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 6
- 1 min read
Pous Leo sê mense is vry om hom te kritiseer. Dit volg op die jongste aanval op die pous deur die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump.
Trump het die pous daarvan beskuldig dat hy Iran wil toelaat om kernwapens te hê. Pous Leo het dit ontken en sê die kerk verkondig ’n boodskap van vrede en nie oorlog nie.
Trump het die pous ’n paar keer tevore aangeval oor sy standpunt teen die oorlog in Iran.








Comments