top of page

President en burgemeester is glo met die dood gedreig

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 26
  • 1 min read

Die saak teen 'n man wat daarvan beskuldig word dat hy president Cyril Ramaphosa met die dood gedreig het, is tot 2 Junie uitgestel. Volgens The Citizen het die beskuldigde op Maandag 26 Mei in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Hy is Vrydag in Germiston deur die Valke se eenheid vir misdade teen die staat in hegtenis geneem, ná ’n klag van ’n sakevrou in Kaapstad wat beweer sy het ’n stemboodskap met dreigemente ontvang. Volgens die Valke het die beskuldigde glo ook dreigemente aan die klaagster se familie én aan die uitvoerende burgemeester van Kaapstad gerig. Hy word aangekla van aanranding en dreigemente om die president en die burgemeester te vermoor. Die ondersoek duur voort.

 
 
 

Comments


bottom of page