Raad wil betekenisvolle openbare deelname aan die NGV hê
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 4
- 1 min read
Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers het die Konstitusionele Hof versoek om betekenisvolle openbare deelname aan die wetgewing oor die Nasionale Gesondheidsorgversekering te beskerm.
Die hof sal Dinsdag die raad se betwisting van die parlementêre proses, wat tot die aanvaarding van die wet gelei het, aanhoor.
Daar word deur die raad beweer dat die parlement nie sy verpligting nagekom het om betekenisvolle openbare deelname te fasiliteer voordat die wet aangeneem is nie.
Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers se besturende direkteur, Katlego Mothudi, sê die proses van openbare deelname was onvoldoende voordat die wet aangeneem is.








Comments