Ramaphosa sê kritiek teen geleenthedskepping vir swart mense is skynheilig
- Armando Pieters

- Jul 18
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het gekap na groeperings wat gekant is teen die skep van geleenthede vir swart mense, deur onder andere Swart Ekonomiese Bemagtiging, en het die kritiek as skynheilig beskryf.
Hy sê die huidige ekonomiese ongelykheid is die gevolg van destydse Apartheidswetgewing wat wit mense bevoordeel het.
Sy opmerkings was in antwoord op die VF Plus-leier, Corné Mulder, se opmerkings tydens die debat oor die Presidensie se begroting, waarin hy genoem het dat die Afrikaner hom destyds self uit armoede gelig het en nie weens Apartheidswetgewing nie.
Mulder het gesê dat die Afrikaner-gemeenskap nie van staatshulp afhanklik was nie, maar dat hulle hulself gehelp het en vandag dit steeds doen.
LUISTER:





Comments